Koos Doep
Wynand Strydom met sy kitaar

Koos Doep

Wynand Strydom bring hulde aan Koos du Plessis

Teks en regie Frans Swart Met Wynand Strydom Klavier Chanie Jonker Kitaar Leon Gropp

30 Augustus 2026 AfriForum Teater 12:00 en 15:00

Blaai af

“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle, maar los my uit… ek is ’n doodgewone ou.” Koos du Plessis

Koos Doep, soos hy in die volksmond bekend staan, sou in 2025 sy 80ste verjaarsdag gevier het. En tog: ’n goeie 40 jaar ná sy dood is “Koos” nog altyd net Koos. Enigeen weet dadelik van wie gepraat word, en ’n klomp treffers kom sommer vanself op.

“Sprokie vir ’n stadskind”. “Kinders van die wind”. “Gebed”. “As almal ver is”. Dít is die omvang van Koos du Plessis se bekendheid, en sy invloed op Afrikaans en Afrikaanse musiek. Waarom dit so is, is die onderwerp van menige debat: partykeer in die lesingsale van universiteite, maar meestal in die middernagure, met ’n “Kinders van die wind” wat iewers in die agtergrond speel. Natuurlik met ’n goeie bottel rooiwyn, Koos Doep se gunstelingdrankie.

Wynand Strydom speel kitaar in sylig

Die produksie

’n Stem wat die diepte en nostalgie van Koos se lirieke vasvang.

Wynand Strydom was nog altyd ’n groot aanhanger van Koos se musiek. Met sy diep, donker stem wat Koos se liedjies meesterlik vertolk, en Chanie Jonker op klavier, is hierdie produksie ’n moet-sien vir enige Koos du Plessis-aanhanger.

Koos Doep is ’n roerende huldeblykproduksie waarin Wynand met rou eerlikheid die tydlose musiek van Koos du Plessis laat herleef. ’n Onopgesmukte vertoning wat die siel van hierdie legendariese sanger en liedjieskrywer eer.

Elke liedjie dra die gewig van Koos se poëtiese hart, en Koos Doep word ’n intieme reis deur verlange, hoop en die skoonheid van eenvoud.

Meer oor die produksie

Die liedjies

Van die treffers wat die aand dra.

  1. 01 Kinders van die wind Geskryf in 1968
  2. 02 Sprokie vir ’n stadskind Uit Phoenix en Kie
  3. 03 Skielik is jy vry Uit Phoenix en Kie
  4. 04 Die somer is verby Uit Phoenix en Kie
  5. 05 Gebed
  6. 06 As almal ver is Titelsnit, 1981
  7. 07 Molberge Herinneringe aan Springs
  8. 08 Herbergier Titelsnit, 1982

Wie was Koos?

Jacobus Johannes du Plessis
1945 – 1984

Gebore in die Rustenburg-distrik, grootgeword in Springs. Joernalis van beroep, digter van aard. Toe hy in standerd 8 sanglesse wou neem, is hy afgeraai. Volgens sy musiekonderwyseres het hy ’n “gebrek aan vaardigheid” gehad.

Drie albums in sy leeftyd, ’n handvol liedjies wat nooit weer stil geword het nie, en ’n laagwaterbrug naby Knoppieslaagte wat alles op 15 Januarie 1984 afgesny het.

Lees sy verhaal

Drie argieffoto’s van Koos du Plessis
Koos du Plessis in die jare sewentig en tagtig. Argieffoto’s.

Komende vertonings

  • 30
    AUG ’26
    AfriForum Teater
    Son, 30 Augustus 2026 · 12:00 en 15:00 · Vanaf R220
    Kaartjies

Alle datums

Bring Koos Doep na jou verhoog.

Vir besprekings, media-navrae en die volledige inligtingstuk: praat met Charl Senekal by Lefra Produksies.

Stuur ’n navraag 061 616 6138