1945
Gebore in die Rustenburg-distrik
Jacobus Johannes du Plessis word op 10 Mei 1945 gebore, maar groei in Springs groot.
Jacobus Johannes du Plessis · 10 Mei 1945 – 15 Januarie 1984
’n Goeie 40 jaar ná sy dood, as daar van “Koos” gepraat word, weet bykans enige persoon van wie daar gepraat word.
Dadelik kom daar ’n klomp treffers by ’n mens op: “Sprokie vir ’n stadskind”, “Kinders van die wind”, “Gebed”, “As almal ver is”. Dit is die omvang van Koos du Plessis se bekendheid en sy invloed op Afrikaans en Afrikaanse musiek.
Waarom dit so is, is die onderwerp van menige debat: partykeer in die lesingsale van universiteite, maar meestal in die middernagure, met ’n “Kinders van die wind” of ’n “Skielik is jy vry” wat iewers in die agtergrond speel. Natuurlik met ’n goeie bottel rooiwyn, Koos Doep se gunstelingdrankie.
1945
Jacobus Johannes du Plessis word op 10 Mei 1945 gebore, maar groei in Springs groot.
1963
Hy matrikuleer aan die Hoër Seunskool Hugenote. In standerd 8 wil hy sanglesse neem, maar word afgeraai. Volgens sy musiekonderwyseres het hy ’n “gebrek aan vaardigheid”.
1967
Ná ’n onderwysgraad aan die Universiteit van Pretoria en honneurs aan Wits betree hy die joernalistiek, ’n loopbaan wat hy vir die res van sy lewe volg.
1968
Reeds in sy studentejare begin hy liedjies skryf. Een daarvan sou die Afrikaanse liedjie van ’n hele geslag word.
1979
Vier van sy komposisies word vir Katinka Heyns se televisiereeks opgeneem, met Laurika Rauch se stem. Op 14 September 1979 tree “Kinders van die wind” in die sewentiende plek tot Springbok Radio se Top 20 toe. Binne vyf weke staan dit derde, en dit bly dertien weke lank op die treffersparade.
1980
Sy eerste langspeelplaat verskyn en vestig hom ook as sanger.
1981
Die tweede album open met “Molberge: herinneringe aan Springs”, en met die alliterasie wat bly vassteek: “Al vreet die vrees die vrede”.
1982
Die laaste album wat in sy leeftyd uitgereik word.
1984
Op 15 Januarie is Koos op pad na Nick Taylor om aan sy vierde album te werk, toe sy motor die pad by ’n laagwaterbrug naby Knoppieslaagte byster raak.
Stephan Bouwer het Du Plessis se musiek in sy televisieprogram Fyn net van die woord gebruik. In daardie tyd het Katinka Heyns aan haar televisiereeks Phoenix en Kie gewerk, waarin Jana Cilliers die rol van ’n nagklubsangeres vertolk het.
Jana is nie ’n sangeres nie, en daar is gesoek na iemand wie se sangstem vir haar karakter oorgeklank kon word. Jana het haar vriendin, Laurika Rauch, voorgestel. Dit was ’n besluit wat Koos en Laurika se musiek onder die aandag van die breë publiek gebring het: vier van Koos se komposisies is vir die reeks opgeneem: “Die somer is verby”, “Skielik is jy vry”, “Sprokie vir ’n stadskind”, en die liedjie wat die Suid-Afrikaanse publiek gaande gehad het, “Kinders van die wind”.
Op 14 September 1979 het Laurika se opname van “Kinders van die wind” in die sewentiende plek tot Springbok Radio se Top 20 gevorder, en binne vyf weke die derde plek gehaal. Dit het uiteindelik dertien weke lank op die treffersparade gebly.
1980
Skadu’s teen die muur
1981
As almal ver is
1982
Herbergier
’n Vierde album was in wording toe hy in Januarie 1984 oorlede is.
In Koos Doep bring Wynand Strydom daardie musiek terug na die verhoog toe.