30
AUG 2026
AfriForum Teater
Son, 30 Augustus 2026
Vertoontye
- 12:00
- 15:00
Vanaf R220
Kies jou vertoontyd op die kaartjiebladsy.
Al die datums vir Koos Doep, met skakels na kaartjies waar dit beskikbaar is.
30
AUG 2026
Son, 30 Augustus 2026
Vertoontye
Vanaf R220
Kies jou vertoontyd op die kaartjiebladsy.
“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle,” het Koos du Plessis gesê, “maar los my uit… ek is ’n doodgewone ou.” Koos Doep, soos hy in die volksmond bekend staan, sou in 2025 sy 80ste verjaarsdag gevier het.
En tog, ’n goeie 40 jaar ná sy dood, as daar gepraat word van “Koos”, dan weet bykans enige persoon van wie daar gepraat word, en daar is dadelik ’n klomp treffers wat by ’n mens opkom, waaronder Sprokie vir ’n stadskind, Kinders van die wind, Gebed en As almal ver is. Dit is die omvang van Koos du Plessis se bekendheid en sy invloed op Afrikaans en Afrikaanse musiek.
Wynand Strydom, in samewerking met Lefra Produksies, bring hulde aan Koos du Plessis in die trefferproduksie Koos Doep.
Bring die produksie na jou verhoog.
Die produksie reis maklik en pas in enige ruimte waar drie musikante en ’n luisterende gehoor bymekaar kan kom. Ons werk graag saam met teaters, kunstefeeste, gemeentes en korporatiewe gasheers.